Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh
Fri Oct 9, 13:15 - Fri Oct 9, 13:45
Moederkerk
ABOUT
Zorada Temmingh
Temmingh se 40ste jaar as orrelis van die Moederkerk word gevier met marse uit die verlede en hede. Sy herroep twee marse uit haar CD’s (“Vader, Seun, Heil’ge Gees” en “Abide with me”), doen nuwe improvisasies op Halleluja-liedere – van “... die ou, ou tyding” tot “Voorwaarts...” – en sluit af met 'n vars improvisasie op ’n versoek uit die gehoor. Temmingh is sedert 2015 die vervaardiger van die Orrelweek .
Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap
Met Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg en Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh
Een van die gewildste orrelwerke is marse, sekerlik vanweë die aansteeklike ritme en die feit dat marse meestal die krag van die orrel feestelik ten toon stel. Elke orrelis se program bevat minstens twee oorspronklike marse vir orrel. Danse word ook ingesluit, veral dié wat hoogtrappassies vereis! Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar se orreliste is van Stellenbosch, Kaapstad en Pretoria.
Koördineerder Zorada Temmingh
Ondersteun deur die Moederkerk Stellenbosch
************************************************************************************
Zorada Temmingh
Temmingh's 40th year as organist of the Moederkerk is celebrated with marches from past and present. She plays two marches from her CDs (Father, Son, Holy Spirit and Abide with me), and performs new improvisations on Hallelujah hymns: from ‘…the old, old story’ to ‘forward…’ She will conclude with a fresh improvisation on a request from the audience. Temmingh has been the producer of Organ Week since 2015
Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap
With Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg, Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh
Marches are one of the most popular types of organ works. Most likely because of their infectious rhythm and that are festive showcases for the power of the organ. Each programme contains at least two original marches for organ. Included too are dances, especially those that require high-stepping movements! The Moederkerk's organ is shown in all its power, including it's exquisitely unique varities of sound. Clouse-ups of the organist's hands and feet will be on the screens. This year's organists are from Stellenbosch, Cape Town and Pretoria.
Co-ordinator Zorada Temmingh
Supported by the Moederkerk Stellenbosch