Moederkerk-orrelweek: Winand Grundling
Tue Oct 6, 13:15 - Tue Oct 6, 13:45
Moederkerk
ABOUT
Winand Grundling
Drie bekende en indrukwekkende marse van Bruce Steane, Alexandre Guilmant en René-Louis Becker word gehoor, en dit word afgewissel met 'n Bach-fuga in die styl van 'n prettige gigue, en een van Grundling se eie koraalverwerkings (“Alle volke, klap jul hande”). Grundling is orrelis van die NG kerk Stellenbosch-Welgelegen.
Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap
Met Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg en Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh
Een van die gewildste orrelwerke is marse, sekerlik vanweë die aansteeklike ritme en die feit dat marse meestal die krag van die orrel feestelik ten toon stel. Elke orrelis se program bevat minstens twee oorspronklike marse vir orrel. Danse word ook ingesluit, veral dié wat hoogtrappassies vereis! Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar se orreliste is van Stellenbosch, Kaapstad en Pretoria.
Koördineerder Zorada Temmingh
Ondersteun deur die Moederkerk Stellenbosch
************************************************************************************
Winand Grundling
Three well-known and impressive marches by Bruce Steane, Alexandre Guilmant and René-Louis Becker are interspersed with a Bach fugue in the style of a lively gigue, and one of Grundling’s own chorale arrangements (‘All Nations, Clap Your Hands’). Grundling is the organist of the NG Church Stellenbosch-Welgelegen.
Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap
With Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg, Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh
Marches are one of the most popular types of organ works. Most likely because of their infectious rhythm and that are festive showcases for the power of the organ. Each programme contains at least two original marches for organ. Included too are dances, especially those that require high-stepping movements! The Moederkerk's organ is shown in all its power, including it's exquisitely unique varities of sound. Clouse-ups of the organist's hands and feet will be on the screens. This year's organists are from Stellenbosch, Cape Town and Pretoria.
Co-ordinator Zorada Temmingh
Supported by the Moederkerk Stellenbosch