Family friendly

Fire Factory's Father's Day with Georgetown & Bacchus Nel

Sun Jun 21, 12:00 - Sun Jun 21, 18:00

The Fire Factory // Die Vuur Fabriek

ABOUT

Alberton, hier kom ’n Vadersdag vir die boeke!

Low key en lekke — met vuur, musiek en kos wat praat.

Legendariese Braai Master South Africa, Borries, vat die stokke agter die vlamme met die beste vuurkos, deep pan pizzas en Honky Tonk Plankie Platters in die Suidelike Halfrond. Georgetown & Bacchus bring die vibe


---------------------


Georgetown & Bacchus Nel

Hierdie unieke collab tussen Georgetown en Bacchus Nel beloof om ’n ervaring te wees wat beslis nie misgeloop behoort te word nie. Die aangrypende klanklandskap en harmonieë van Georgetown, vermeng met die rykheid van Nel se songs, maak hierdie show ’n viering van kreatiwiteit en musikaliteit. Berei jouself voor vir ’n aand vol emosie, ritme en onvergeetlike musiek wanneer hierdie twee kragte saamsmelt op die verhoog.


“Ek’s ’n donker man, onder die middernagmaan” – so sing Bacchus Nel in sy treffende liedjie, Waar Die Dice Val – ’n besonder raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer, en sy diep karakter. Nel se musiek is ’n reis deur kleurryke verhale; en loop oor van meelewendheid, deernis, diepte en ’n fyn humorsin. Met vier vrygestelde albums (waaronder In Die Arms van die nag, Tussen Junk en Jewelry, Tweester Hotel en Ou Blou Skoene, asook sy nuwe EP, Vaalrivier) is Bacchus Nel tans een van Suid-Afrika se voorste liedjieskrywers. Hy deel sy verhale met die hele land deur optredes in klein dorpies, asook by groter feeste soos Aardklop, KKNK en STRAB.


Die ander deel van die collab is Georgetown, ’n veelsydige folk-band van Pretoria, gestig in Februarie 2014 deur die talentvolle lede – Michael de Villiers, Renaldo van Dyk, Rynier Prins en Tiaan Erasmus. ’n Betowerende vermenging van Americana en plaaslike invloede vind weerklank in drie ryk harmonieuse stemme en word begelei deur akoestiese kitaar, trekklavier, klavier, kontrabas, mandolien, mondfluitjie en ’n ouderwetse koffer-skop-trom. Hiermee het Georgetown hulself as een van die land se gewildste folk-bands gevestig, wat hul stories en ritmes op uiteenlopende verhoë met gehore deel.


Hierdie vertoning is nie net klank vir jou ore nie, dit sal deur jou wese weerklink. Maak seker jy is daar om hierdie unieke musikale reis te beleef!


Deure maak 12PM oop, Show begin 2PM

DIRECTIONS

Fire Factory's Father's Day with Georgetown & Bacchus Nel
The Fire Factory // Die Vuur Fabriek
19 Statler St, Alrode South, Alberton, 1448, South Africa
Get Directions