ANDRIËTTE NORMAN IN VILLIERSDORP

Sat Aug 8, 11:00 - Sat Aug 8, 15:00

Dennehof Farm Guesthouse

ABOUT

Breathe • Become • Bloom

'n Vroue-oggend van welstand, inspirasie en verbinding

Neem 'n blaaskans uit die gejaag van die alledaagse lewe en kom beleef 'n oggend wat spesiaal vir jóú ontwerp is.

Sluit by ons aan op Saterdag, 8 Augustus 2026 by die pragtige Dennehof Plaas Venue in Villiersdorp vir 'n onvergeetlike vroue-oggend waar ons saam asemhaal, groei en blom.

Wat kan jy verwag?

Andriëtte Norman

'n Inspirerende en praktiese Gut Health Werkswinkel waar jy meer leer oor dermgesondheid, energie, hormone, inflammasie en algehele welstand.

Miné

Ontdek hoe die regte kleure jou natuurlike skoonheid kan beklemtoon en jou selfvertroue laat blom.

IV Drip Mobile Bar

Kry die geleentheid om meer te leer oor vitamien- en welstandsboosters wat op die dag beskikbaar sal wees.

Sh'Zen Welstand

Corné Louw deel praktiese wenke oor natuurlike aanvullings, selfversorging en 'n gebalanseerde leefstyl.

Pop-Up Winkels

Geniet 'n verskeidenheid unieke produkte en plaaslike ondernemings.

Goodie Bags & Lucky Draws

Elke gas staan die kans om met iets spesiaals huis toe te gaan.

Ligte verversings

Iets lekker om te eet en te drink terwyl jy ontspan en nuwe vriendskappe vorm.

Meer as net 'n vroue-oggend

Breathe • Become • Bloom is nie net 'n geleentheid nie — dit is 'n geleentheid om weer in jouself te belê, nuwe inspirasie te vind en saam met ander vroue te groei.

Alle fondse wat ingesamel word gaan aan Vroue in Nood.

Datum: Saterdag, 8 Augustus 2026

Tyd: 11:00

Plek: Dennehof Plaas Venue, Villiersdorp

Kaartjies: R450 per persoon

Plekke is beperk. Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.

Breathe • Become • Bloom

"‘n Oggend van inspirasie, skoonheid, welstand en verbinding." ??

DIRECTIONS

ANDRIËTTE NORMAN IN VILLIERSDORP
Dennehof Farm Guesthouse
Dennehof Farm, Villiersdorp, 6848, South Africa
Get Directions