Kultura Fees: Ek is nie Danie
Fri Jul 31, 19:00 - Fri Jul 31, 20:25
Curro Durbanville Theatre
ABOUT
Ek is nie Danie is ’n aangrypende rock-teaterstuk wat poësie, musiek en storievertelling bymekaarbring om ’n kragtige en diep ontroerende ervaring te verseker.
Albert Pretorius, met die aangrypende begeleiding van Schalk Joubert, ontbloot skerf vir skerf die fragmente van ’n vreesaanjaende gewone lewe – van ’n mislukte huwelik in die buitewyke van Duitsland tot die komplekse werklikheid van ’n middelklasbestaan in Suid-Afrika. Dit is ’n verhaal oor ouerskap, identiteit en die soeke na behore en betekenis.
Die produksie is geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels en plaas die fokus op ’n verlede wat die hede bly vasgryp. Dis eerlik, rou en ontoegeeflik.
Ek is nie Danie is a gripping rock theatre piece that blends poetry, music and storytelling into a powerful and deeply moving experience. Albert Pretorius, accompanied by the evocative music of Schalk Joubert, uncovers the fragments of a terrifying ordinary life – from a failed marriage in the outskirts of Germany to the complex reality of a middle-class existence in South Africa. This is a story about parenthood, identity and the search for belonging.
Built around a selection of poems from Danie Marais’s four collections, the production confronts the weight of the past that continues to grip the present. It is honest, raw and uncompromising.
TEKS: Danie Marais
REGIE: Nico Scheepers
MUSIEK: Schalk Joubert
KONSEP: Niel van Deventer
VERVAARDIGER: Toyota Stellenbosch Woordfees