Family friendly

VREDE KOM HUISTOE

Fri May 29, 18:00 - Fri May 29, 20:00

Heuer Pianos

ABOUT

Vrede, die geliefde Afrikaanse krulkop-duo, is uiteindelik terug by die huis.


Ná jare se harde werk, drome jaag en hul musikale reis wat hulle vir ses jaar na Johannesburg geneem het, keer hulle nou terug na Kaapstad, "HuisToe" die plek waar alles begin het. Dit maak hul nuwe album, Huistoe, soveel meer besonders.


Die band tussen Vrede en Heuer Pianos strek al baie jare terug. Reeds tydens hul matriekjare is hulle deur Heuer Pianos ondersteun, en hulle het ook al op die verhoog van die ou Heuer Teater opgetree. Nou, jare later, voel hierdie terugkeer na Heuer soos ’n ware tuiskoms.


Met die groot sukses van hul debuutalbum Huistoe, wat in Maart 2026 die #1 Afrikaanse album op Apple Music was, het Vrede hul plek in die harte van musiekliefhebbers regoor Suid-Afrika bevestig. Met optredes landswyd bly hulle trots op musiek wat eerlik, intiem en handgemaak is.


Kom geniet ’n besondere aand van folk, soft rock en kontemporêre musiek in jou moedertaal wanneer Vrede live optree by Heuer Piano's op 29 Mei 2026.


Datum : 29 Mei 2026.

Tyd: 18:00

Prys: R350pp ingesluit `n glas wyn & canapé



DIRECTIONS

VREDE KOM HUISTOE
Heuer Pianos
144 Dorp St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions