SARIE-Vroueoggend met Rolene Strauss

Thu Dec 21, 10:30 - Thu Dec 21, 12:00

Skoffelskuur, Hartenbos Seefront

ABOUT

Vanjaar kuier SARIE saam met jou op Hartenbos oor die Kerstyd! Buiten dat jy ons by die In Afrikaans-musiekkonserte sal sien, het ons ook ’n paar opwindende planne.

Een geleentheid wat jy nie moet misloop nie, is die SARIE-Vroueoggend op 21 Desember, met voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en SARIE-redakteur, Michélle van Breda, as sprekers. Rolene se praatjie, “Hoe jy jou eie toekoms kan ontwerp”, sal jou inspireer vir die nuwe jaar, terwyl Michélle sal gesels oor grootste lesse geleer asook SARIE se 2017-gunstelinge.

Kom geniet die oggend saam met ons op jou eie, of saam met vriendinne en familie. Die kaartjie sluit eet- en drinkgoed in. PLUS Daar is ’n heerlike vakansiebederf van SARIE af.

Sien SARIE se vakansieprogram op Hartenbos hier


 

DIRECTIONS

SARIE-Vroueoggend met Rolene Strauss
Skoffelskuur, Hartenbos Seefront
Port Natal Ave, Mossel Bay, 6520, South Africa
Get Directions