Belangrik: Hekke maak 12:00 oop. Kinders 0/12 gratis. Gratis vervoer elke uur vanaf die Vrystaatstadion, op die Toyota Cheethas Bus. Bokke op die Groot Skerm om 17:40. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!
FREE OPTIONS
Family friendly

Vuur & Vlam Plaaskuier

Sat Jul 18, 12:00 - Sun Jul 19, 00:30

Middelwater Plaas (voorheen BeHuman)

ABOUT

VUUR & VLAM PLAASKUIER op Geelklip Middelwater Plaas


Op 18 Julie word Geelklip Middelwater, voorheen bekend as BeHuman, amptelik aan die publiek bekendgestel – en jy word genooi om deel te wees van hierdie besondere dag.


Beleef ’n egte Vrystaatse plaaskuier waar daar iets vir elke lid van die gesin is.


Op die program:


Springbokke vs Wallis regstreeks op ’n reuseskerm.


Hoofkunstenaars:


• Juan Boucher

• Tasché


Met spesiale optredes deur:


• Pieter Koen

• Roux Cloete

• Wentzel

• Stephanie Baartman

• Ryk Kleinhans


Groot kuiervure en ’n egte plaasatmosfeer.


Braaipakke, heerlike winterskos, kosstalletjies, kroeë en lekker dans


Kinders onder 12 GRATIS.


Springkastele en hope vermaak vir die kinders.


Veilige Shuttle tussen Bloemfontein en Geelklip Middelwater, elke uur, sodat almal die dag sorgeloos kan geniet.


Trek lekker WARM aan en bring sommer 'n kombers.


Of jy nou kom vir die rugby, die musiek, die kos, die plaaslewe of net om saam met familie en vriende herinneringe te maak.


Kom ontdek alles wat Geelklip Middelwater bied.


Hier begin iets besonders.

DIRECTIONS

Vuur & Vlam Plaaskuier
Middelwater Plaas (voorheen BeHuman)
38PG+9C Bloemfontein, South Africa
Get Directions