Luna Paige: Die Reisigers - Musiekteater in Gqeberha
Fri Jun 12, 18:00 - Fri Jun 12, 21:00
Nineteen33 Speakeasy Bar & Venue
ABOUT
Luna Paige: Die Reisigers
Musiekteater
Nominasie: Beste Musiekproduksie, Aardklop 20205
Vrydag, 12 Junie 2026
Deure open: 18:00
Vertoning: 19:00
Kaartjies: R195
Vir navrae kontak Natasha by 082 866 9849
Meer oor die vertoning:
Luna Paige neem gehore op ’n reis – ’n soektog na die immer ontwykende eindbestemming. Met musiek gebore uit haar Suid-Afrikaanse en Europese ervarings, insluitend die Spaanse Camino, verken sy temas van beweging, innerlike stilte, selfliefde en aanvaarding. As ’n nuuskierige waarnemer – soms deelnemer – ontdek sy nie net verskille nie, maar juis die diep ooreenkomste wat reisigers wêreldwyd verbind.
Hierdie aangrypende produksie is genomineer vir Beste Musiekproduksie by Aardklop 2025 en het reeds gehore bekoor by Woordfees 2025 en KKNK 2026, met ’n draai by Kalfiefees 2026 op die horison. Internasionaal leef die werk voort in haar Nederlandse produksie Droomland. Intussen bou haar musiek momentum: Rustyd & Herhaal (2025) en Die Oral (2026) het sterk aanklank gevind op radio en TV, met Die Lyf wat in Junie 2026 volg. Die vollengte album word in September 2026 bekendgestel.
Moenie hierdie laaste kans misloop nie: vóór sy die ateljee invaar om haar nuwe album te voltooi, bring Luna Paige ’n eksklusiewe, intieme vertoning na gehore in Jeffreysbaai en Port Elizabeth.