Lig en Ritme Fees - Dinsdag 3 Nov 2026
Tue Nov 3, 13:15 - Tue Nov 3, 22:00
Laerskool Tygerpoort
ABOUT
Die Lig & Ritme Fees 2026 is terug op Dinsdag 3 November op die sportvelde van Laerskool Tygerpoort! Die hekke open om 14:00 vir ’n middag en aand van musiek, lekker kos, kuier en vermaak vir die hele gesin.
Geniet die Feesmark, Kosmark, Kinderpretpark, massa-dromspel en ’n vol buitelugprogram, met Saxby Twins, Arno Jordaan en Elvis Blue as hoofkunstenaars. Plaaslike skole en jong talent sorg ook deur die middag vir musiek en vermaak.
Bring jou eie kampstoel, of bespreek ’n tafel vir 10 persone teen R3 000 in ons afgebakende tafelsitplek-area onder die tent. Tafels sluit feestoegang vir 10 persone in.
Die Lig & Ritme Fees is kontantloos, alkoholvry en gesinsvriendelik. Algemene feestoegang is R180 vanaf Graad R, met toegang tot die Kinderpretpark ingesluit vir kinders van Graad R tot Graad 7. Kinders jonger as Graad R kom gratis in.
3 November 2026 | Hekke open 14:00 | Laerskool Tygerpoort Sportvelde