No under 18s

Tietelogie & Tottikunde by Daisy Jones

Wed Jul 29, 17:00 - Wed Jul 29, 22:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Hoekom is dit dat seuntjies dogtertjies se hare trek wanneer hulle eintlik van hulle hou en dogtertjies hulle hare terug gooi en ogies maak nog voordat hulle oud genoeg is om makeup te dra?


Want die bloudruk van liefde is reeds in ons DNA van kindsbeen af. Dit vorm ons, dit begelei ons en dit foeter ons lewens op as ons dit nie verstaan en bestuur nie.

Ons instinktiewe soektog tot liefde is iets wat ons nie van kan wegskram nie. En ons gaan dit onbewustelik soek in elke verhouding waarin ons is. En as ons dit nie daarin vind nie, gaan ons al ons toys uit die kot begin gooi.

Gelukkig hoef ons nie meer blindelings die emosies en up’s and down’s van liefde te trotseer nie, daar is ‘n padkaart, ‘n kompas, ‘n antwoord.


Timothy Kieswetter, in sy nuutste couples komedie, “Tietelogie en Tottikunde”, ontbloot hy die wetenskap van liefde. Alles vanaf die man se slaapkamer drome tot al die vrou se nagmerries.

Tietelogie en Tottikunde gaan vir jou alles leer van die vrou en man se liefdes DNA, sodat jy dit meesterlik kan navigeer tot ‘n vervulde en intieme liefdeslewe.


Live by Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Woensdag 29 Julie 2026

Deure: 17h00

Vertoning:20h00

Tafelbesperekings noodsaaklik: WhatsApp +27 64 968 2015

Kaartjies vanaf R220 aanlyn by Quicket

**Koop ook n VIP kaartjie en ontvang basies jou volle R300 terug in die vorm van 'n GS voucher wat die aand gebruik kan word by ons verkope tafel !


Geen Onder 18's


DIRECTIONS

Tietelogie & Tottikunde by Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions