No under 18s

Sit aan die ketel

Sat Oct 31, 08:00 - Sat Oct 31, 17:00

60 Commercial Rd

ABOUT

Vroue Retreat "Sit aan die ketel"

Tema "Lig jou sluier"

met Yolande Brittnell-Steyn


“Sit aan die ketel… waar harte warm word en siele rus vind.”

Yolande Brittnell-Steyn is ’n motiveringsspreker, skrywer, en die hart agter haar gewilde sosiale media-blog, “Sit aan die Ketel” — ’n virtuele kombuistafel waar duisende vroue daagliks saamlees, saamkuier en hart-volmaak.


As boorling van Beaufort-Wes bring Yolande haar eiesoortige Karoo-humor, rou eerlikheid en diep geloof na elke verhoog. Sy verstaan van lewe, swaarkry en weer opstaan — en juis daarom raak haar woorde harte, bring dit genesing, hoop en nuwe moed.


Haar bediening is vroue — om elke vrou te herinner aan haar waarde, haar doel, en die unieke roeping waarmee God haar geskep het. Met haar bekende “Opstaan-Vrou” boodskap het sy reeds duisende vroue bemoedig en bemagtig om weer op te staan.


Bring jou ma, suster, dogter, vriendin, kollega of buurvrou, en kom beleef ’n dag van inspirasie, vrede, eerlike gesprekke, lag, genesing en samesyn.


Volg Yolande gerus op haar platforms indien jy dit nog nie doen nie… die ketel is reeds aan.


1-Dag Retreat Toegang – R980 p.p.

Geniet ’n dag van herlaai en inspirasie met oggendtee, middagete en middagtee ingesluit.


1 Nag Verblyf (Deelkamer) – R1 630 p.p.

Ontspan en bly oor – sluit ontbyt en volle retreat-toegang in.


1 Nag Verblyf (Privaat Kamer) – R2 130 p.p.

Jou eie ruimte vir rus en herstel, met alle etes en retreat-aktiwiteite ingesluit.


2 Nagte Verblyf (Deelkamer) – R2 280 p.p.

Verleng jou ervaring en geniet twee nagte se verblyf plus volle retreat-voordele.


2 Nagte Verblyf (Privaat Kamer) – R3 280 p.p.

Die uiteindelike wegbreek – privaat, luuks en volledig ingesluit.


DIRECTIONS

Sit aan die ketel
60 Commercial Rd
60 Commercial Rd, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, South Africa
Get Directions