No under 18s

TOTTIE EN NIE VERDER NIE- Tollie Parton. 16 May, 13:00 by Centrestage@Baywest

Sat May 16, 13:00 - Sat May 16, 14:30

Centrestage @ Baywest

ABOUT

Tollie Parton was nog altyd die te eerlike vriendin wat dikwels mense kwaad maak en sy vertel al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks skrik nie? Jok sy nes daai vuil muis? Wel, tottie en nie verder nie! In Tollie se nuutste aflewering kan sy ongelukkig nie help om die waarheid te laat glip nie. Selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen natuur. Die liefde het haar kom sag maak. Die probleem is egter, hoe lank gaan dit hou? En wie is die man wat haar hart so kom steel het? Baie mense dink dis Steve. Watter Steve? En kan dit wees? Is dit te goed om waar te wees? Dat ten spyte van wat daar oor haar gesê word, sy werklik eintlik net hier is om die goeie nuus te bring? Daar is niks wat die liefde en ’n skaaptjop nie kan fix nie.


GEEN SENSITIEWE KYKERS EN GEEN ONDER 18's

Teks: Wynand Kotze en Anne Hirsch


Saterdag, 16 Mei 2026, 13:00 Centrestage@Baywest


DIRECTIONS

TOTTIE EN NIE VERDER NIE- Tollie Parton. 16 May, 13:00 by Centrestage@Baywest
Centrestage @ Baywest
100 Baywest Blvd, Hunters Retreat, Gqeberha, 6017
Get Directions