STOEPTASTING - RAAF LIVE IN GRAAFF-REINET

Sat May 30, 18:00 - Sat May 30, 23:00

John Rupert Theatre

ABOUT

RAAF LIVE IN GRAAFF-REINET

by die John Rupert Teater

Saterdag, 30 Mei 2026


Oor die naweek van die ‘Original Stoep Tastings’ in Graaff-Reinet neem hierdie aand ’n draai na die dieper, rouer en meer elektriese kant...

RAAF bring nie net ’n vertoning nie - hulle bring ’n belewenis.


In die historiese ruimte van die Rupert Teater gaan RAAF se ikoniese klank sorg vir ’n aand wat jy nie maklik gaan vergeet nie. En om dit alles af te rond bring Lourens en Esté hulle eie wyn, Raafontuur, saam om die ervaring nog voller te maak.


Program:

18:00 - Deure open vir Raafontuur-wynproe en aankope

*Kos en koffie sal ook beskikbaar wees in hierdie tyd

19:30 - RAAF vertoning


Vanaf 14:00 sal RAAF reeds op die stoep van die Rupert Teater wees om feesgangers te groet. Indien daar nog plek beskikbaar is, sal kaartjies ook daar gekoop kan word. Die koffiestasie van die Toerismekantoor sal regdeur die middag gereed wees om daardie ekstra hupstoot te gee vir nog wynproe en kuier.


*Die koshof oorkant die pad bly oop tot 18:00 vir dié wat iets voor die vertoning wil geniet. Die Toerismekantoor se kosstalletjie sal ook voor én ná 18:00 beskikbaar wees voor die teater met heerlike, gemaklike kosopsies, koeldrank en koffie sodat niemand oor ’n leë maag hoef te bekommer nie!


Raafontuur-wyn sal vanaf 18:00 eksklusief binne die teater beskikbaar wees vir proe en aankoop - iets ekstra spesiaal vir die feesnaweek.


Dis rou. Dis eerlik. Dit laat jou hart vinniger klop.

Stories wat inspireer, lirieke wat betekenis dra, en ’n klank wat lank ná die laaste noot nog by jou bly.


Kaartjies:

R280 per persoon


Kaartjies beskikbaar:

•? ?Aanlyn via Quicket

•? ?Direk by die Toerismekantoor: Aljoné +27 81 233 1721


As jy die ‘Original Stoep Tastings’-naweek doen - doen dit reg.

Kom skink ’n glas.

Kom beleef die RAAF-ontuur.



DIRECTIONS

STOEPTASTING - RAAF LIVE IN GRAAFF-REINET
John Rupert Theatre
Graaff-Reinet, Robert Sobukwe, 6280, South Africa
Get Directions