Deure van Glas - Márica @ Lucit
Sun Dec 10, 12:00 - Sun Dec 10, 17:00
Lucit Restaurant
ABOUT
Márica
Ons het almal haar leer ken by die Asbos teater. Passievol oor teater, musiek, kuns, woord kuns en .....skielik woon sy nou in Plettenbergbaai. Hierdie is een van haar rare optredes in Gauteng en... in haar eie woorde:
Ek tree op saam met Naude Kritzinger met sy kitaarvingers.
My eie gedigte en skrywes bly die kern waaruit alles vloei, dit waaruit ek ontkiem en gegroei het.
Met klem op die eenvoudige krag van woorde wat jou meesleur en dwing om net te hoor, dra ek die gevoel, gewoonlik diep en donker met ‘n glinster van dit wat ontwykend bly, oor. Baie keer word daarin pyn vasgevang, angstigheid oor die onafwendbare, maar altyd hoop vir dit wat moontlik bly. Die uiteinde is die rykheid wat gevind kan word in mede mense.
Die lui-lekker Sondag middag begin om 12 uur met n ete voorberei deur chef Gideon.
Spyskaart:
Hors d'ouvre: Plaat brood en hummus
Voorgereg: Snoek pâté bedien met vars gebakte botter brood
Hoofgereg: Kaaps Maleise hoender bedien met Basmati rys, pampoen koekies and groen boon hutspot
Nagereg: Malva pudding met vla.
Tyd: 12:30 tot 14:30 - middag ete
14:30 tot 15:30 - optrede
Koste: R 200 vir die ete en optrede
Sitplekke agter in die teater is beskikbaar teen R 130 vir persone wat nie middag ete wil bestel.
Vegetariërs moet chef Gideon kontak op 083 306 2830
Kontant kroeg beskikbaar.