Spraaksaam @ Lucit

Sun Feb 4, 15:30 - Sun Feb 4, 20:00

Lucit Restaurant

ABOUT

SPRAAKSAAM@LUCIT DIGKUIER - 
SONDAG 4 FEB 2018 - 15H30
Lucit Restaurant, 217 Soutpansbergweg, Rietondale PTA.

Hiermee word een en almal hartlik uitgenooi na 'n heerlike, informele digkuier, handevat en kruisbestuiwing van digkuns en musiek in die pragtige buite-tuin van Lucit Restaurant. Kaartjies kan aanlyn gekoop word deur Quicket teen R50 per persoon. 

Kom lees jou werk voor by ons "open mic" sessie (Afrikaans en Engels) want, anders as kinders, moet gedigte "gehoor" EN "gesien" word.

Bring 'n ekstra geldjie en kom skaf vir jou 'n paar digbundels aan uit Jan du Plessis se 2de handse boeke of 'n nuwe bundel by een van die skrywers van die dag. Daar sal ook ander stalletjies wees met 'n verskeidenheid van items te koop, onder andere plate, CD's en DVD's.

Ons wil ook graag 'n bietjie vreugde bring aan minder bevoorregtes en die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) gaan voordeel put uit die liefdes-aksie. Bring asseblief enige ongebruikte kos en klere en huishoudelike toestelle wat rondlê vir Naude Kritzinger, wat dit hanteer. 

Ons heel eerste gaskunstenaar is die fantastiese didgeridoo speler Potskerf Potgieter.

Indien jy enige informasie verlang kontak ons gerus.

Mariette 0727442027 Beplanner
Naudé 0845056567 Liefdadigheid 
Erna Jo 0832747702 Bloots Tydskrif
Gideon 0833062830 Lucit Restaurant

DIRECTIONS

Spraaksaam @ Lucit
Lucit Restaurant
217 Soutpansberg Rd, Rietondale, Pretoria, 0084, South Africa
Get Directions