'n Aand met Abrie Beeslaar & Bertus Basson
Wed May 20, 18:30 - Wed May 20, 22:00
Eike by Bertus Basson
ABOUT
'n Aand saam met Abrie Beeslaar & Bertus Basson
Kom geniet ’n onvergeetlike vyfgang ete deur die bekroonde sjef Bertus Basson wat perfek gekombineer word met ’n wynproe aangebied deur die wêreldbekende wynmaker Abrie Beeslaar van Beeslaar-wyne.
Bertus Basson is een van Suid-Afrika se mees geliefde sjefs en restauranteurs bekend vir sy kreatiewe benadering tot plaaslike kos en sy bekroonde restaurante wat eg Suid-Afrikaanse stories vertel.
Abrie Beeslaar is ’n internasionaal erkende wynmaker. Hy is veral bekend vir sy meesterlike Pinotage, en sy Beeslaar-wyne word jaar na jaar met toekennings bekroon.
Venue: Bertus se Eike Restaurant te Stellenbosch
Doel: Ten bate van Hoërskool Stellenbosch se Rasieleier toer
na die Nasionale Kampioenskappe
Datum: 20 Mei 2026
Tyd: 18:30
Kaartjies: Slegs 36 kaartjies beskikbaar
Prys: R1200 per persoon