Rosestad en Vriende-Gala konsert
Sat Jun 13, 19:30 - Sat Jun 13, 22:00
Sand du Plessis Theater 12 1st Ave
ABOUT
Dis weer tyd vir ‘n ongelooflike aand van musiek en vermaak met die immergewilde Rosestad Gala konsert, hierdie jaar met ‘n twist......Rosestad en vriende!
Van die bekendste populere treffers saam met die Bloemfonteinse Philharmoniese orkes onder leiding van Paul Loeb van Zuilenberg en soliste Cezanne Yzelle en Timothy Moloi. Maar dis nie waar dit stop nie. Al ooit gewonder of Rosestad personeel kan sing? Nou ja, nou gooi vir Hugo Pieterse, Pieter Venter, Fancois Bouwer en Dean Ririe in, en ja – dit gaan groot pret wees! Kry jou kaartjies nou by Quicket of op Rosestad.co.za deur op die plakkaat te kliek. R180 per persoon op die 13de Junie om half 8 in die Sand du Plessis teater – en jy sit net waar jy wil! Rosestad en vriende met die BPO – ‘n Aand om te onthou!