Die Siel van Eugène Marais | Die Centurion Teater
Fri Jul 24, 19:30 - Sat Jul 25, 16:15
Die Centurion Teater
ABOUT
DIE SIEL VAN EUGÈNE MARAIS
MET Daniel Anderson
PIANIS Paul Ferreira
TEKS Amanda Bothma
Die Siel van Eugène Marais is ’n poëtiese reis deur die lewe van een van Suid-Afrika se mees onwaarskynlike Afrikaner-helde — ’n digter en wetenskaplike, joernalis “Wonder Dokter” en dwelm verslaafde.
Deur woord, musiek en sy eie gedigte word Marais se soeke na liefde, waarheid en menswees blootgelê, van sy briljante vroeë jare tot sy gebroke laaste oomblikke onder die doringboom. ’n Teaterervaring waar poësie asemhaal en ’n siel sy bly voortpraat.
Gebaseer op ware gebeure, maar deurweef met simboliek, morfienvisioene en poëtiese fragmente, bied Die Siel van Eugène Marais ’n unieke blik op die geliefde digter, wetenskaplike en skrywer. Die produksie ondersoek sy lewenslange stryd tussen lig en donker, sy obsessie met die natuur, en die spookbeelde wat hom uiteindelik verteer het.
Die produksie meng drama, klanklandskappe, musiek en visuele simboliek – waaronder die spookagtige teenwoordigheid en die onheilspellende figuur van Skoppensboer – om ’n hipnotiese en emosioneel gelaaide atmosfeer te skep. Die ikoniese gedig Winternag vorm die spil waarom die stuk draai, en word op verrassende maniere verweef met Marais se innerlike stryd.
“Ons wou nie net sy biografie vertel nie,” sê die regisseur. “Ons wou sy siel blootlê– die briljantheid én die gebrokenheid – en kyk wat gebeur wanneer ’n man se grootste gawes ook sy grootste laste word.”
Die stuk bied ’n eerlike, dog poëtiese blik op die mens agter die mite.
Wela Kapela is bekend vir hul veelsydige, hoë-gehalte teaterwerk , met produksies wat nasionale en internasionale erkenning geniet, bly die maatskappy ’n vars, innoverende stem in die teaterlandskap.
Eugene Vermaak, Marissa von Vollenhoven, Lizanne Barnard, Leon Gropp, Dalene Brits, Niel van der Watt en Albrie Helberg genader vir toonsettings. Bestaande werke soos Randall Wicomb se “Winternag” en Anton Goosen se “Die siel van Eugène Marais” is ook ingesluit.