TILLIE/MATHILDA - Amanda Strydom & Je-Ani Swiegelaar | Die Centurion Teater
Sat Jun 27, 15:00 - Sun Jun 28, 16:15
Die Centurion Teater
ABOUT
TILLIE/MATHILDA
MET
AMANDA STRYDOM EN JE-ANI SWIEGELAAR
Teks: Amanda Strydom
Regie: Christo Davids
Musikale regisseur: Coenraad Rall
Benoem vir TWEE Kanna-Pryse by die KKNK 2026!
Twee prostitute, een oud, een jonk en onvervare. Dis Tillie se eerste nag. Die ou prostituut ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland. Die twee vroue se stories word in hierdie produksie die universele stem van vroue in alle situasies, hetsy goed of sleg, desperaatheid of nood. Met ‘n goeie skeut humor, satire, tragedie en ‘n rou eerlikheid bied hierdie produksie ‘n blik in die lewens van vroue waarop die samelewing dikwels neerkyk en ‘n oordeel fel. Die storie word verweef met verwerkings en oorspronklike musiek deur Coenraad Rall en Amanda Strydom
Amanda Strydom het Je-ani Swiegelaar (Naomi Koster) se ma (Belinda Eksteen) vertolk in die gewilde reeks, “Binnelanders”, Dit was nog altyd hul droom om saam ‘n verhoog te deel . Hierdie musiekteater produksie het uiteindelik hul droom bewaarheid. Dit is véél meer as kabaret – dit is ‘n drama uit Strydom se pen , verweef met musiek wat die storie inkleur. En met die bekroonde regisseur , produsent, skrywer en akteur , Christo Davids , se bekwame insig en bydraes , is hierdie produksie véél meer as blote musiekteater.
Die veelbekroonde skrywer, Riana Scheepers , het die volgende geskryf nadat sy die produksie se debuut by die afgelope KKNK gesien het :
“"En daar sit ek in die gehoor - 'n ou groupie - en steeds verwonder ek my aan die verbluffende, beleë talent van Amanda Strydom. As jy ooit van die hoendervleiste tot in jou murg wil weet, luister na Mathilda die Hoer se gesprek met God oor die weggooi-mense van die aarde. Ek dink nie daar is iets meer verskriklik en oer en onthutsend en beeldskoon as daardie gebed, aanroep, aanklag, versugting nie. Een van die hoogtepunte van die fees. Amanda, daardie liriek - ek kom nie daaroor nie. Jou vertolking is eerlikwaar verstommend. Dankie."