Wie't Kersfees gekelder? Kersfees in Julie? | Poppekasteater @ Die Centurion Teater
Sat Jun 27, 10:00 - Sat Jun 27, 11:15
Die Centurion Teater
ABOUT
Bizzy Hands Puppet Company bied met trots aan
Wie't Kersfees gekelder? Kersfees in Julie?
Gebasseer op The Grinch who stole Christmas – is hierdie poppe produksie ‘n feesvan karakters; Grom Groen, Stanley sy hond, al die mense van Ama-dorpsville –Miemsie, Ouma Liefie, Denise en Trevor, Martietjie met verkoue, Oom Noors, TannieFloors en Mev.
Dominee en natuurlik die burgermeester Mnr Ronald Tromp.Die mense van Ama-dorpsville is mal oor kersfees. Ou Grom Groen haat kersfees,dit lyk vir hom net na ‘n gevreet en nuttelose duur presente- ‘Dis al waaroor kersfeesgaan’ maar Grom Groen het ‘n plan in sy mou. Hy gaan die hele Ama-dorpsville wys!Hierdie jaar is daar geen kersfees nie!Miemsie die jongste Ama-dorpsviller help die groot mense reg en wen ook ou GromGroen se hart.
Sy wys almal waaroor kersfees werklik gaan.Die poppe produkise wys die kleinspan dat kersfees oor meer gaan as net presenteen te veel eet. Met satire en skreeu snaakse, tone wikkel liedjies is Wie het Kersfeesgekelder?
Kersfees in Julie, ‘n moet sien vir die hele gesin.