Family friendly

Liewe Heksie word 'Gescam' | Kinderteater @ Die Centurion Teater

Thu Jul 16, 10:00 - Sat Jul 18, 14:15

Die Centurion Teater

ABOUT

LIEWE HEKSIE WORD “GESCAM”


Teks en Regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Met: Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe

Gebaseer op die karakters van: Verna Vels


Liewe Heksie het ‘n prys in ‘n talentkompetisie gewen. Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings of is dit nou bekleinings, laat Levinia se kop draai. Karel begin deur vir Levinia ‘n spaarvarkie te gee, maar die nare Geelheks is altyd in die rondte en wil haar kloutjies op die geld kry. Karel besluit dat ‘n bankrekening met ‘n bankkaart veiliger sal wees, maar dalk nie vir Liewe Heksie nie. Want o wee, Levinia kan nie altyd so mooi onthou nie en syfers en tel, TEL nie onder haar talente nie en hoe sal Heksie ooit weet hoe lyk ‘n “scammer”? Maats van drie tot honderd en drie, Liewe Heksie kort julle hulp sodat haar geld kan groei en nie verdwyn nie.


Die span agter “Liewe Heksie word gescam” is die bekroonde en ervare jeug- en kinderteaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck as teksskrywer en regisseur en die akteurs is die Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe.


Die uitvoerende vervaardiger: Start The Conversation™ (STC™) is 'n geregistreerde openbare voordeelorganisasie in Suid-Afrika en 'n wêreldwye silwerbekroonde YouTube-opvoedingskanaal. Die produksie is deel van die STC™ "Education Through Arts"-inisiatief wat teater en digitale onderwys vir mense bring om ingeligte besluite te neem en langtermyn finansiële sekuriteit te bou. Volg STC™ by www.youtube.com/@stc101


DIRECTIONS

Liewe Heksie word 'Gescam' | Kinderteater @ Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions