No under 13s

OUMA en die ou KOEIE - Margit Meyer-Rödenbeck | Die Centurion Teater

Fri Jul 17, 19:30 - Sun Jul 19, 16:15

Die Centurion Teater

ABOUT

OUMA en die ou KOEIE

met Margit Meyer-Rodenbeck


Coenraad Rall: Klavier en Verwerking

Jurgen Human: Teks, Musiek en Regie:


Soos ons ouer word is meeste mense geneig om, (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie WIL onthou nie. En die wat ons WIL onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by.


‘n Halwe waarheid in die 50’s, word ‘n voldonge feit 50 jr later. ‘n Wolhaarstorie word ge-“blow”-dry tot n manjifieke “beehive”, en ‘n besope “one night stand” verander jare later in n pragtige kortstondige romanse.


Maar daar skort nog niks met Ouma se geheue nie..en sy onthou… nie net haar eie stories nie, maar ook die van die ‘vromes” onder ons… wie se ou koeie hulle baie eerder diep in die sloot sou wou los. Wat Ouma wel vergeet het, is hoe om doekies om te draai


Ouma en die ou Koeie is ‘n komedie -kabaret wat jou een oomblik sal laat skaterlag en die volgende een saggies laat snak na jou asem, want jy mag jouself dalk net herken.


Van Ouma se debuut in Ouma is op pad skryf ’n gehoorlid: “Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ’n super-humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ’n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag, terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. Uitstekend!”


DIRECTIONS

OUMA en die ou KOEIE - Margit Meyer-Rödenbeck | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions