No under 13s
Die Doodskis
Thu May 7, 19:30 - Fri May 8, 21:00
Wilge-Teater
ABOUT
Iemand is dood. Wie of wat, weet ons nie eintlik nie. Jana en Johan, twee familielede, ontmoet vir die eerste keer in meer as ‘n dekade om begrafnis te hou. En hulle sal daarby uitkom, maar eers moet hulle teedrink en gesels oor al die ander dinge wat hul lewens aanmekaar vleg.
Die Doodskis is ‘n absurde komedie oor familie, menswees en die dood.
En intussen is daar die doodskis in die kamer.
Maar hoekom sou hulle nou daaroor wou praat?