Mel die Storieverteller - LAERSKOOL KRUINSIG - Internet Sensasie
Sat Aug 1, 18:45 - Sat Aug 1, 20:05
Maranatha Community Church
ABOUT
Laerskool Kruinsig en die gemeenskap word hartlik genooi na ’n heerlike aand van lag, herkenbare oomblikke en pure vermaak saam met Mel die Storieverteller in haar skreeusnaakse vertoning Internet Sensasie! As jy al ooit gewonder het hoe mense so dapper (of dom) op die internet kan wees, gaan jy jouself, of iemand wat jy ken, beslis in hierdie stories raakloop. Bring jou familie en jou vriende, jou sin vir humor en dalk ’n sneesdoekie vir die lagtrane—want hierdie is een aand wat jy nie wil mis nie!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 13’s
Venue: Maranatha
Adres: Veld St & Dann Rd, Glen Marais, Kempton Park
Kaartjieprys: R250pp
Deure open: 18:00
Vertoning begin: 18:45
Wyntuin vanaf 15:00 asook heerlike kosstalletjies en uitstallers met oulike produkte!