Leerstyl- en Studiemetodeswerkswinkels
Sat May 9, 09:00 - Sat May 16, 12:00
Laerskool Helderkruin
ABOUT
Ons Siftingsfokus
Ons sifting fokus daarop om leerders se unieke leerstyle, sensoriese profiele en emosionele welstand te identifiseer. Dit help leerders om akademiese uitdagings met groter selfvertroue aan te pak.
Vir wie is dit waardevol?
Vir leerders en hul ouers wat akademiese uitdagings met selfvertroue wil benader, deur gebruik te maak van praktiese strategieë en ’n duidelike aksieplan.
Hoe werk dit?
Stap 1: VRAELYS vir LEERDER en OUER(S)
Stap 2: INDIVIDUELE VERSLAE – Gepersonaliseerde insigte oor elke leerder word aan ouers verskaf
Stap 3: STUDIEMETODESWERKSWINKEL – Verskillende studietegnieke word prakties ingeoefen. Ouers is welkom om saam met hul kinders by te woon
Koste:
R950 per leerder
(Ingesluit: vraelyste, elektroniese leerstylverslag, werkswinkel, studiemetodesboek en materiaal)
’n Gedeelte van die koste kan moontlik van u mediese fonds geëis word (Bepalings en voorwaardes geld).
Werkswinkel:
Saterdag, 9 Mei 2026 of 16 Mei 2026 (afhangend van u kind se graad)
?? 09:00 – 12:00
?? Venue: Laerskool Helderkruin
Indien u ’n individuele studiemetodeprogram verkies, kontak ons gerus by: ?? [email protected]