Kerskonsert 2026 NG Universiteitsoord
Wed Nov 25, 18:30 - Wed Nov 25, 20:00
Nederduitse Gereformeerde Kerk - Universiteitsoord
ABOUT
NG Universiteitsoord se Kerskonsert bring vyf verskillende musikale kleure byeen: die warm klanke van ’n strykkwartet, die feestelike trompet, asook die besondere kombinasie van sopraan- en tenoorstemme – alles saam met ons majestueuse pyporrel.
Die gehoor kan uitsien na aangrypende solowerke, intieme kamermusiek en feestelike ensemblewerke waarin die verskillende instrumente en stemme saamklink.
Musici sluit in:
- Serendipity Strykkwartet
- Alex Urban – trompet
- Marina Botha-Spies – sopraan
- Tinus Spies – tenoor
- Isabelle van Rensburg – orrel
Kom geniet ’n besondere musikale ervaring wat die vreugde, vrede en verwondering van die Kerstyd vier. ’n Fees van klank en Kersmusiek vir die hele gesin!