RAAF @ Middelburg, Rustique
Thu Jun 18, 19:30 - Thu Jun 18, 22:00
Rustique Boutique Hotel
ABOUT
RAAF kom Middelburg toe vir ’n aand waar musiek, stories en atmosfeer saamvloei by Rustique.
Op Donderdag 18 Junie ontmoet ons mekaar vir ’n winteraand vol goeie wyn, lekker kos en musiek wat nog lank ná die laaste noot by jou bly.
Met hul kenmerkende styl — “dit is rock, dit is siel, dit is alles tussenin” — neem Esté en Lourens jou op ’n reis van emosie, herinneringe en daardie rou eerlikheid wat net ’n regte RAAF-vertoning kan bring. Dis ’n aand om nader te sit, stadiger asem te haal en jou blues agter te laat — want hier is die blues net in die ritme.
Deure open om 18:00 vir Raafontuur wynproe en kuier, en die konsert begin om 19:30.
Rustique se kombuis sal voor die vertoning oop wees vir kosbestellings, so kom asseblief betyds met deure oop om seker te maak jy kry kans om rustig te bestel en te eet voordat die vertoning begin.
Kaartjies:
•Volwassenes: R220
•Onder 13 jaar: R150
Kaartjies is beskikbaar op Quicket of vir direkte besprekings:
•013 813 1451 – Mike
Kom vroeg. Bring jou mense. Bestel iets lekker. Skink ’n glas wyn.
Dan laat ons die aand en die musiek self die res doen.