Chris Steyn live by Kapstadt Brauhaus Durbanville
Fri May 15, 20:00 - Fri May 15, 21:10
Kapstadt Brauhaus Durbanville
ABOUT
Chris Steyn LIVE by Kapstadt Brauhaus – vir die heel eerste keer!
Kapstadt Brauhaus is reg vir 'n onvergeetlike aand en hierdie keer bring ons iets besonders na die verhoog! Chris Steyn maak sy debuut by ons – en jy wil definitief nie hierdie een misloop nie.
Verwag ’n aand vol energie, ongelooflike musiek en daai songs wat jy saam wil sing van begin tot einde. Bring jou vriende, bestel ’n koue bier en kom geniet ’n vibe wat jy nie sommer weer gaan kry nie!
Bespreek jou plek vroeg – hierdie een gaan vinnig vol raak!
Wanneer jou kaartjies bespreek en betaal is, word 'n tafel automaties aan jou geallokeer deur die bestuur van Kapstadt Brauhaus Durbanville.
Belangrike Informasie:
Dit is nie 'n teater vertoning nie en Kapstadt Brauhaus Durbanville is 'n operationele restaurant wat kliente bedien tydens die vertoning.
Wanneer mense opstaan of dans kan dit die sig van die verhoog hinder.
Ons sien uit na 'n lekker partytjie, so maak seker om jou goeie gees en dans skoene saam te bring!
DJ Lohan sorg vir ekstra musiek na Chris Steyn se vertoning.