Family friendly

Bonjour Monsieur Brel

Sat May 16, 17:30 - Sat May 16, 22:00

Die Pienk Kerk

ABOUT

Bonjour Monsieur Brel -

'n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer...

Jannie du Toit sing Brel in Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands.


R400 per person, inclusive of a Yanni’s legendary gourmet burger or rich, mouthwatering Italian pasta!

Own Wine Permitted - No Corkage Fee

Please arrive in good time, no formal seating arrangements


Jacques Brel: Alle musiek en Franse tekste

Susan Mouton: Tjello en klavier

Chanie Jonker: Klavier en akkordeon

Jannie du Toit: Sang en kitaar


Juanita Swanepoel: Samestelling en regié

Clinton Zerf, Matthys Maree, Christa Steyn, Jannie du Toit: Musiekverwerkings

Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: Afrikaanse liedvertalings



Bonjour Monsieur Brel onder regié van Juanita Swanepoel met Susan Mouton – tjello en Chanie Jonker – klavier en akkordeon. Jannie speel die kitaar en sing Brel se liedjies in vier tale: Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands. Optredes hier in Suid-Afrika, maar ook in Brel se heimat, België, het gloeiende resensies ontvang. ‘n Ovation-toekenning by Makandla/Grahamstad Nasionale Kunstefees in 2020 is nog ‘n pluimpie vir die produksie. Dit is hartsmusiek uit die boonste rakke.


In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing en begelei deur ’n skitterende ensemble van klavier, tjello en kitaar. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch in Club ’58 - Hillbrow. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in sy aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Sy eerste optrede in ’n volledige Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandstalige opnames – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker en later is van sy Brel-opnames gereeld oor Classic FM gehoor.


Paul Boekkooi, Beeld

Enigiemand met ‘n verwysingsraamwerk rondom die egte Brel, sal saamstem dat Du Toit en sy ensemble daarvoor gesorg het dat hierdie een van die blinkste Brel-aanbiedinge is wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was. Jannie du Toit se voordrag en sang rondom Brel is presies waar dit moet wees: Idiomaties ryk en genuanseerd, met puik diksie en ‘n stem wat emosioneel en dramaties baie kan waag. Ons het lank vir só ‘n gehalte-aanbieding gewag.


In Bonjour Monsieur Brel, Jacques Brel's colourful texts are sung in four languages ??and accompanied by a splendid ensemble of piano, cello and guitar. Jannie has been a highly regarded Brel interpreter for decades and a permanent exponent of excellence in songcraft, amongst others in Dutch. He sang his first renditions of Brel in 1988 in the production Van Berlyn tot Bapsfontein with Laurika Rauch in Club'58 - Hillbrow. Since then, Brel has consistently featured in his shows such as De Kleine Man and Jannie en die Tannie together with Christa Steyn. His first performance in a full on Brel production was Brel in Brooklyn in 2010, again with Laurika, Christa at the piano and Sergio Zampolli as accordionist. Particularly two Brel songs sung in Dutch - Madeleine and Liefde van later - established him as a Brel performer in the early nineties and in later years his Brel recordings were regularly heard on Classic FM.


Lesley Stones – Vryskut-joernalis in Daily Maverick

Bonjour Monsieur Brel is a fine show spanning a collection of the Belgian musician's work in English, French, Dutch and Afrikaans. They’re brought to rip-roaring life by Jannie du Toit, who performs them with the spitting, striding intensity that the man himself would approve of Du Toit is superb, with the gravitas and vocal power to do the songs justice. The music is provided brilliantly by Susan Mouton on the cello and piano and Chanie Jonker on piano and accordion.


Herman Meulemans, Litnet (Tinnenpot-teater, Gent)

Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid ......... Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft, zoals in La valse à mille temps, of ongeduld, zoals in Madeleine, of zeemansgebral, zoals in Dans le port d’Amsterdam. ... De talen die hij gebruikt: het Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands, vloeien als het ware samen tot één taal, die Jacques Brel doet uitgroeien tot een universeel zanger, dichter en woordkunstenaar.


DIRECTIONS

Bonjour Monsieur Brel
Die Pienk Kerk
24 Chatou Rd, Richmond, Johannesburg, 2109, South Africa
Get Directions