No under 16s

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)

Wed Apr 29, 20:00 - Wed Apr 29, 21:00

Kaapstad Toneelhuis

ABOUT

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)


Hierdie is nie ‘n “slice of life” nie dis die krummels onder die toaster.


’n Kongregasie koekhare, twee lesbiese hoenders, ’n erotika-skrywende Asperger, en ’n trans brandblusser… nou kort ons net ’n dubbeladapter. Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) bied ’n intieme blik op die stream of consciousness van ’n jong queer man, Markus Benade, terwyl hy die afgelope drie jaar van sy universiteitslewe met die hulp van ’n brandblusser probeer verwerk.


Die stuk belig temas van verlies, gay identiteit, liefde, en selfliefde. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die pad

ontmoet het en dít wat nog van hom oor is.


Vihann van Rooyen is die brein agter Markus (en die brandblusser op die derde verdieping). Hy het pas sy MA in Drama- en Teaterstudies by Stellenboschn Universiteit voltooi en het hierdie produksie by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) opgetree. Hy was die skrywer en ook ‘n vertolker in [INDISTINCT CHATTER] , ‘n politieke sketskomedie, waarvoor hy by verlede jaar se KKNK ‘n kanna nominasie vir Beste Opkomende Nuweling gekry het.


“Hy baken vir homself hier in Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) ‘n vierkant op die verhoog af en speel in dié boksie. Hy doen dit met rou eerlikheid, humor en patos en ‘n heerlike aweregsheid” – Laetitia Pople.


Met Vihann van Rooyen

Teks, regie en musiek Vihann van Rooyen

Verhoogbestuur Jurie Boshoff

DIRECTIONS

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
Kaapstad Toneelhuis
2nd Floor, 61 Loop St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8001, South Africa
Get Directions