Gratis: Finansiële Vryheid | Kwartaal 2 Kursus
Tue May 19, 19:00 - Tue May 26, 21:00
Lewende Woord Centurion
ABOUT
Wil jy vry kom van skuld? Kom leer op 'n praktiese manier met Bybelse beginsels hoe om dit reg te kry...
Handelinge 20:35: Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Dikwels ontdek ons dat ‘n finansiële penarie ons lewens oorheers, in plaas daarvan dat ons oor ons finansies heers.
Spreuke 11:14: As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
Die Here leer ons dat, indien ons nie bereid is om by die wyses te gaan leer oor die dinge waarmee ons sukkel nie, val ’n volk, maar wie vra ‘’n mens?
Die Finansiële Mentorskap is ’n praktiese proses waar jy gelei sal word om die balans in jou finansiële lewe en die impak daarvan in die res van jou lewe, te herstel.