Sitkamer Sessies - MJ Nel
Sat Nov 28, 18:00 - Sat Nov 28, 20:30
34B Main Rd
ABOUT
MJ Nel – Sitkamer Sessies | Paarl
Regte musiek. Regte mense.
Op 28 November maak ons die deure oop van ‘n pragtige sitkamer in die Paarl vir ‘n intieme, akoestiese aand met MJ Nel. Geen groot verhoog, geen ligte-show nie – net ‘n kitaar, ‘n stem en ‘n kamer vol mense wat kom luister.
Dié is ‘n oorspronklike en eksklusiewe set met splinternuwe musiek, waarvan baie nog nêrens anders gehoor is nie. Dit is die soort aand waar jy die stories agter die liedjies hoor en naby genoeg sit om elke noot te voel.
Plek is baie beperk, so moenie te lank wag nie.
Datum: Saterdag, 28 November 2026
Tyd: 18:00
Waar: 34B Main Road, Paarl
B.Y.O.B. Bring jou eie drinkgoed saam.
Kaartjies: Beperk, slegs via Quicket
In samewerking met die FAK – tuiste. trots. toekoms.
Sien jou in die sitkamer.