Family friendly

RAAF @ Franschhoek, Allée Bleue

Sun May 10, 14:00 - Sun May 10, 17:00

Allée Bleue Wine Estate

ABOUT

RAAF in Franschhoek vir Moedersdag


Hierdie is meer as net ’n uitstappie — dis ‘n oomblik wat ons dan, en slegs dan saam kan deel.


Hierdie Moedersdag nooi RAAF jou om saam te kom vier in die asemrowende hart van die Kaapse wynlande, by die pragtige Allée Bleue Wine Estate.


Met hul kenmerkende styl — “dit is rock, dit is siel, dit is alles tussenin” — neem Esté en Lourens jou op ’n musikale reis gevul met rou emosie, eerlike stories en kragtige harmonieë. Dit is nie net ’n konsert nie, maar ’n ervaring wat diep resoneer en lank ná die laaste noot by jou bly.


Kom geniet ’n ontspanne middag saam met jou ma, jou familie, of iemand spesiaal — omring deur wingerde, vars berglug en die sagte ritme van musiek wat vier wat regtig saak maak: liefde, verbinding en herinneringe.


Wat om te verwag:

  • Deure open om 12:00 vir ’n rustige begin en kos en drank aankope
  • RAAF se optrede om 14:00
  • ’n Sielvolle, intieme vertoning met storievertelling en musiek
  • Die perfekte geleentheid om Moedersdag op ’n besondere manier te vier
  • Allée Bleue verskaf tafels en stoele maar ons moedig jou aan om jou piekniekkombers, sonskerm - en hoed ook in te pak


Kaartjies:

R300 per volwassene (Moeders ontvang 'n glas vonkelwyn per aankoms)

R150 vir kinders onder 13


Piekniekmandjies per bestelling:

DIRECTIONS

RAAF @ Franschhoek, Allée Bleue
Allée Bleue Wine Estate
Allee Bleue Wine Estate Intersection of R45 and R310 Groot Drakenstein, Franschhoek, 7680, South Africa
Get Directions