ABOUT
Rugby, politiek en sake op een oggend – kom kuier saam!
Netwerk24 nooi jou uit vir ’n ontbyt met meer om die lyf. Dis ’n lekker geselsontbyt waar ons rugby, politiek en sake om ’n heerlike ontbyttafel op 29 Oktober by Loft at Nine in Menlopark gaan praat. Ons hoop ons sien jou daar!
Die oggend gaan propvol pitkos en vermaak wees. Twee Blou Bul-rugbyspelers – ons verrassinggaste wat vir eers ’n geheim bly – gaan eerlik kom gesels oor leierskap, druk en die lewenslesse wat hulle op en af van die veld geleer het.
Daarmee saam gaan Netwerk24 se politieke kenners en skrywers, Gert van der Westhuizen en Raymond Willemse, tesame met hul gas, Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria, in diepte praat oor wat van vanjaar se munisipale verkiesings verwag kan word.
Om die oggend af te rond, het ons die bekende finansiële kenner Theo Vorster genooi vir ’n sakegesprek oor geld, die markte en jou finansiële toekoms.
’n Heerlike ontbyt sal deur die loop van die oggend bedien word.
Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R375 per persoon en sluit koffie, tee en ’n buffet-ontbyt in. Sitplekke is beperk, so moenie te lank wag om jou kaartjies te koop nie. Vir meer inligting, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected]
- Datum: Donderdag 29 Oktober 2026
- Plek: Loft at Nine, Umgazistraat 9, Menlopark, Pretoria
- Tyd: 08:30 vir 09:00 tot 12:00
- Kaartjieprys: R375 per persoon. Dit sluit koffie, tee en ’n buffet-ontbyt in.