FREE OPTIONS
Family friendly

Komati Kuierfees

Sat May 16, 16:00 - Sat May 16, 23:59

Komatipoort Akademie Skool

ABOUT

Die Komati Kuierfees 2026


Die Komati Kuierfees is terug en beloof om weer 'n onvergeetlike geleentheid te wees. Maak gereed vir 'n aand vol kuier, kos en goeie musiek!


Kom kuier saam met ons op Saterdag, 16 Mei 2026 by Komatipoort Akademie in Komatipoort. Die aand gaan propvol pret wees met heerlike kosstalletjies, lekker aktiwiteite vir die kinders en fantastiese lewendige optredes deur Bok van Blerk en Lisie Basson.


Bring jou familie en vriende, pak jou kampstoel en koelhouer, en kom geniet 'n gesellige aand onder die sterre saam met ons!


En die beste deel? Alles gaan vir 'n goeie doel! Alle opbrengste word geskenk aan Komatipoort Akademie.


Belangrike inligting:


  • Parkering beskikbaar
  • Hekke open om 16:00
  • Kinders onder 3 jaar is gratis


Moenie hierdie lekker Komati-kuier misloop nie - ons sien jou daar!



Deur 'n toegangskaartjie te koop stem ek hiermee in om die Komati Kuierfees en Komatipoort Akademie Skool, hul beamptes, direkteure, werknemers, agente en affiliasies te vrywaar en skadeloos te hou van enige en alle eise, aanspreeklikhede, skadevergoeding, uitgawes en verliese, insluitend redelike prokureursfooie, voortspruitend uit of voortspruitend uit enige voorvalle, ongelukke, beserings, of skade wat mag voorkom tydens my bywoning en/of deelname aan die Komati Kuierfees 2026 op 16 Mei 2026 by Komatipoort Akademie Sportgronde, Komatipoort.

DIRECTIONS

Komati Kuierfees
Komatipoort Akademie Skool
Communitty Hall, 4 Erf St, Komatiepoort, Komatipoort, 1340, South Africa
Get Directions