RAAF @ Letsitele, Kaross
Sun Apr 19, 14:00 - Sun Apr 19, 18:00
Kaross Studio & Café
ABOUT
RAAF – In Letsitele @ Kaross
RAAF kom bosveld toe!
Kom sluit by ons aan vir ’n Sondag piekniek by Kaross in Letsitele – waar goeie musiek, oop lug en lekker mense die week af gaan sluit in volle RAAF-ergie !
RAAF se konserte beweeg tussen musiek, poësie, stories en rou energie. Party oomblikke intiem en broos, ander oomblikke vol krag en rock ’n roll. Dis ’n ervaring wat mense laat lag, laat dink en laat saamsing.
Bring jou kamstoel of kombers, pak ’n piekniekmandjie en kom geniet ’n middag onder die groot lug van Letsitele. RAAF bring hulle eie wyn, Raafontuur, vir proe en aankoop so los maar jou bottel by die huis !
Besonderhede:
Sondag 19 April
Kaross, Letsitele
Deure oop: 12:00
RAAF konser t: 14:00
Kaartjies:
R280 per persoon
R150 kinders onder 13
Kaartjies beskikbaar via Quicket of by Miré – 063 358 5244
Kom vroeg, bring jou mense, en kom maak ’n middag daarvan.