JUAN BOUCHER LIVE @ Event City, Middelburg
Fri May 29, 19:00 - Fri May 29, 21:00
Event City, Middelburg
ABOUT
Na elke vertoning uitverkoop en met oorweldigende aanvraag, keer JUAN BOUCHER in 2026 terug na die geliefde Event City om vir sy mense daar in Middelburg ’n splinternuwe vertoning te bring: "Dis Presies Wat Liefde Doen"
Berei jou voor op ’n aand vol groot treffers, kragtige optrede en onvergeetlike oomblikke. Van die liedjies wat hom een van Afrikaans se gewildste kunstenaars gemaak het tot ’n paar verrassings langs die pad, hierdie vertoning beloof om iets besonders te wees.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie, dit gaan ’n aand wees waaroor almal praat.
Datum: Vrydag 29 Mei 2026
Tyd: 19h00
Venue: Event City, Middelburg, 1055, Middelburg
Adults: R250pp
Kids (under 12): R130pp
Navrae: Lezaan v.d. Merwe: [email protected]
"Ek is n skrywer van voor tot agter, Ek raak honger om te skryf as die tyd te lank neem om nie by my kitare te sit en skryf nie dan jaag iets my, dit voel of Ek altyd nog net iets wil vertel met n kitaar in my arms. Ek kan dit nie help nie die woorde hang oor my en Ek droom van dit as Ek slaap. Ek iemand sien wat hartseer is dan wil Ek skryf, as iemand glimlag wil Ek skryf oor dit. As Ek liefde sien of voel dan wil Ek die kitaar gryp en sing oor dit. Dit is vir my vrek lekker om in boek winkels rond te loop en net tussen die Boeke rond te loop, Ek kan die skrywers se oë op my voel. Ek is net eenvoudig lief vir musiek en gedigte en as Ek die krag het om dit self te kan doen is dit net nog meer van n plesier vir my as ooit. Ek kan Sorg vir my huis en my familie daar in. Ons almal is versot op dit, as Ek geskryf het en ons neem dit op dan dit ons almal styf teen die luidsprekers en geniet dit lirieke en melodie. Dit is wonderlik dat Ek dit nog so diep binne in my het, dit vloei uit my uit en dit is Hoekom Ek dit doen, vir geen ander rede nie, Ek doen dit om te “Connect” met mense. Hierdie is Agt liedjies uit my siel uit. Dankie dat almal saam luister" - Juan Boucher