Family friendly

RAAF @ Clarens, The Mountain Monkey

Sun Apr 5, 14:00 - Sun Apr 5, 18:00

The Mountain Monkey Clarens

ABOUT

RAAF in Clarens – Piekniek Sondag @ The Mountain Monkey


Maak hierdie spesiale Paasnaweek Sondag ’n dag vir die hele familie in die pragtige dorp van Clarens.


Kom geniet ’n piekniekmiddag met RAAF by The Mountain Monkey op Sondag 5 April 2026.

Bring jou kampstoele, piekniekkomberse en goeie gees en raak gemaklik onder die koelte van die Clarens-berge.


Deure open 12:00 vir kos, wyn en kuier voordat RAAF om 14:00 die verhoog oorneem met hul energieke live show vol stories, gees en musiek wat jou op jou voete bring!

.

Na die konsert word die vure aangesteek vir almal wat wil braai, sodat die middag lekker kan voortkuier.

Daar sal ook Raafontuur-wyne beskikbaar wees vir proe en aankoop, saam met ’n kontantkroeg en kos beskikbaar op die terrein.


Kaartjies: Beskikbaar op Quicket en direk by Danae +27 83 437 4485

R250 per volwassene

R150 vir kinders onder 13


Sien julle dan !

DIRECTIONS

RAAF @ Clarens, The Mountain Monkey
The Mountain Monkey Clarens
Erf 267, R712, Clarens, 9707, South Africa
Get Directions