SARIE Kersfeesetes 2026 aangebied deur Today
Wed Nov 18, 19:00 - Sun Nov 22, 17:00
Atlantic Studios
ABOUT
’n LED-wonderwêreld wag by vanjaar se SARIE Kersfeesetes!
SARIE Kersfeesetes 2026 is meer as net ’n ete – dis ’n allesomvattende ervaring wat jou gaan wegvoer na ’n droomwêreld.
Hierdie jaar gaan ons regtig jou asem wegslaan. As jy nog altyd wonder of jy ’n SARIE Kersfeesete moet bywoon, is vanjaar die jaar wat jy moet spring, want dié keer gaan ons groter as ooit. Die belangrikste nuwigheid is die lokaal – en die tegnologie wat ons kan inspan as gevolg daarvan. Hierdie jaar vind die geleentheid plaas by die indrukwekkende 12 meter hoë LED-verhoog by Atlantic Studios in Kaapstad. Dis die perfekte agtergrond vir ’n futuristiese feesmaal.
Elke gang van die ete deur Herman Lensing en ICA-studente word in ’n ander omgewing voorgesit, danksy die gemengde realiteit-studio wat verskeie atmosferiese reise moontlik maak. Stel jou voor hoe jy van ’n sneeubedekte woud na ’n tropiese strand reis – alles binne een aand, en dit met smullekker kos daarmee saam! Dit is ’n unieke kombinasie van kos, kuns en tegnologie wat jou sintuie sal prikkel en jou in ’n wonderwêreld sal dompel.
Die geleentheid word aangebied deur Today Foods in samewerking met Fairview-kaas, Robertson Winery en SA Pork.
Vyf Kersfeesetes:
Woensdag 18 November om 19:00
Donderdag 19 November om 19:00
Vrydag 20 November om 19:00
Saterdag 21 November om 18:00
Sondag 22 November om 13:00
Veilige parkering sal voorsien word.
BESPREKINGS, DIEETVOORKEURE EN NAVRAE
Sou daar enige spesiale dieetvoorkeure is, en jy het dit nie op die bespreking aangedui nie, kontak ons asb by [email protected]. Neem asb kennis dat ons ongelukkig nie voorsiening vir 'n vegan-dieet maak nie.
TAFELS
Ons bou tafels rondom jou bespreking. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.
Sien jou daar!