Stad Op Die Berg Biltong jag kompetisie 2026
Tue Mar 31, 08:00 - Fri Jul 31, 23:59
Lentegeur Wildlife
ABOUT

BILTONGJAG KOMPETISIE 2026! Ten bate van Stad Op Die Berg NPC van die NG Kerk gemeente, Louis Trichardt
4 x Jagters, 4 nagte op mooi wildsplaas in die bosveld (tussen Thabazimbi en Dwaalboom)
Lekker jagpakket (16 stuks wild) plus 4 slagskape en alle vleisverwerking ingesluit
Jagdatum: 27 -30 Augustus 2026
NLC reg nr: 00452/03
BEPALINGS EN VOORWAARDES - TERMS AND CONDITIONS
COMPETITION RULES
Bepalings en voorwaardes; Terms and Conditions
1. Die beoordelaars se besluit is finaal, en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
The judges’ decision is final, and no correspondence will be entered into.
2. Die prys, of enige deel daarvan, mag nie vir kontant verruil word nie.
The prize, or any part thereof, may not be exchanged for cash.
3. Die prys, of enige deel daarvan, is volgens die uitsluitlike goeddunke van die
organiseerders aan 'n ander individu oordraagbaar. Die Eland op die advertensie
se foto is nie die spesifieke dier wat deel is van die prys pakket en wat gejag kan
word nie. Die Elandkoei wat deel is van die pryspakket is 'n gewone of Kaapse Eland.
The prize, or any part thereof, is transferable to another individual at the sole
discretion of the organisers. The eland cow which appears on the ticket advertisement
is not the specific animal which will be hunted. The eland which will be hunted is a
common or Cape eland.
4. Daar sal van die pryswenner en sy/haar metgeselle verwag word om vrywaringsvorms
te teken by aankoms van die jagplaas (Lentegeur Safaris) voordat hulle mag begin jag.
The prize winner and his/her companions will be required to sign indemnity forms
upon arrival at the hunting destination (Lentegeur Safaris) prior to commence with
hunting.
5. Verwerking van alle wildsvleis soos ingesluit in die pryspakket sal net by Lentegeur se slaghuis (Pure Bushveld Slaghuis) op Thabazimbi gedoen word maar is onderworpe aan 'n beperking wat bepaal dat 'n maksimum van R26000.00 beskikbaar gestel word vleisverwerking (ongeveer R35.00 per kilogram karkasgewig). Alle kostes vir vleisverwerking wat meer as R26000.00 in totaal is vir die hele jagpakket, sal dan vir die persoonlike rekening van die wenners van die jagpakket wees. Ander wild wat nie deel is van die prys maar wat volgens die eienaars van die jagplaas (Lentegeur) beskikbaar is om gejag te word, mag addisioneel tot die diere vervat in die prys pakket gejag word maar vir die persoonlike rekeninge van die jagters wat dit geskiet het. Wild wat ingesluit is in die jagpakket mag ook geruil word vir ander wild wat beskikbaar is op die algemene jaglys van Lentegeur, op voorwaarde dat die totale waarde van die wild gejag, nie die waarde van die wild op die prys se jagpakket oorskry nie, tensy die jagters onderneem om self vir die verskil in prys te betaal. Processing of all game meat as indicated in the price pakkage will only be processed at Pure Bushveld Butchery at Thabazimbi and will be subject to limitations which is that a total of R26000.00 will be available for the processing of the meat (approximately R35.00 per kilogram carcass weight). All addisional costs above the R26000.00 for the total hunting package, which is incurred in the processing of the meat, will be for the personal accounts of the hunters. Other game which is not part of the prize but which according to the owners of the hunting farm (Lentegeur) is available to be hunted, may be hunted in addition to the animals included in the prize package but for the personal accounts of the hunters who shoot them. Game animals included in the prize package, may also be exchanged for other game animals which appear on the Lentegeur hunting list, provided that the total value of animals hunted, do not exceed the value of the prize package, except where hunters agree to pay for an excess, if incurred.
6. Alle reëls en voorwaardes vir jagters en besoekers aan die jagplaas Lentegeur moet
stiptelik nagekom word en pryswenners en hulle metgeselle aanvaar volle
verantwoordelikheid vir enige gevolge voortspruitend uit oortreding van toepaslike
reëls van Lentegeur Safaris.
All rules and conditions for hunters and visitors to the hunting farm Lentegeur must
be observed promptly and prize winners and their companions accept full
responsibility for any consequences resulting from violation of applicable rules of
Lentegeur Safaris.
7. Geen persone onder die ouderdom van 18 jaar mag deelneem aan die kompetisie nie.
No persons under the age of 18 may participate in the competition.
8.Deur vir die kompetisie in te skryf, stem die wenner en sy/haar metgeselle in dat
hul naam/name bekend gemaak mag word en gepubliseer word, en gee verder
toestemming tot die publikasie van foto's, videomateriaal en inligting oor die jag
wat deur die organiseerders na eie goeddunke.
By entering the competition, the winner and his/her companions consent to having
their name/s published, and further consent to the publication of photographs,
video material and information on the hunt to be used by the organisers at their own
discretion.
9. Die kompetisie neem in Maart 2026 in aanvang en eindig op 31 Julie 2026 waarna ’n
trekking gedoen sal word om die wenner te bepaal. The competition will commence in
March 2026 and end on July 2026 upon which a lucky draw will take place to determine the winner.
GALLERY
LENTEGEUR JAG EN KAMPREËLS
LENTEGEUR JAG PRYSLYS 2026
PURE BUSHVELD SLAGHUIS VLEISVERWERKING
SOCIETY LOTTERY SCHEME REGISTERED WITH NATIONAL LOTTERIES COMMISSION (REG NO: 00452/03)