Die ABC van deeltitelreg - aangebied deur Die Burger

Fri Apr 10, 08:00 - Fri Apr 10, 14:30

Nitida Wine Farm

ABOUT

Wat is nuut in deeltitelbestuurs- en bewoningsreg?


Maryna Botha en Lizelle Kilbourn deel met gaste die praktiese implikasies van die jongste hofuitsprake, wetswysigings en praktyksnotas van die Gemeenskapsombudsdiens (CSOS). Hulle antwoord ook graag gaste se vrae en, waar nodig, word grondbeginsels van deeltitelreg verduidelik. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Koop nou jou kaartjie op Quicket.


Datum: Vrydag 10 April 2026

Tyd: 08:00 vir 08:30. Middagete om 13:30.

Plek: Saffron-saal by die Cassia-restaurant op die Nitida-wynplaas, Durbanville

Koste: R750 per persoon. Sluit koffie/tee met aankoms in, sowel as versnaperinge en 'n lekker middagete


Meer oor ons sprekers

Kilbourn het in 2003 by die regsfirma STBB in Kaapstad aangesluit waar sy sedertdien as konsultant by regsopleiding en navorsing betrokke is. Sy is die outeur van die Juta-publikasie The ABC of Conveyancing en haar belangstellingsveld is deeltitelreg en die reg met betrekking tot aftreeoorde. Botha, weer, is 'n direkteur by STBB en 'n kenner en adviseur rakende ondernemings se nakomingsverpligtings wat in wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting opgelê word.

Beide Botha en Kilbourn skryf Die Burger se immergewilde rubriek, "Deeltitelforum".


Vir meer inligting stuur e-pos na [email protected]



DIRECTIONS

Die ABC van deeltitelreg - aangebied deur Die Burger
Nitida Wine Farm
Tygerberg Valley Rd, Eikenbosch, Cape Town, 7551, South Africa
Get Directions