Family friendly

Luna Paige - Die Reisigers

Sat Mar 7, 18:30 - Sat Mar 7, 20:30

Kaalvoet Kafee

ABOUT

Benoem vir Beste Musiekproduksie by Aardklop 2025

Luna Paige sing oor die “groot reis” en die immer ontwykende eindbestemming. Sy verken ruimtes waar beweging, stilte van gees, selfliefde en aanvaarding harmonie bring. Sy stel gehore bekend aan die musiek wat sy tydens haar Suid-Afrikaanse én Europese reise, onder meer die Spaanse Camino, geskryf en by die huis getoonset het. As anonieme voyeur het sy soms wel in gesprek getree en saam gewonder oor die groot verskille, maar, belangriker, oor die groot ooreenkomste wat alle reisigers op hierdie wonderbaarlike planeet aan mekaar bind. Moet dit nie misloop nie.


DIRECTIONS

Luna Paige - Die Reisigers
Kaalvoet Kafee
Get Directions