Family friendly

SkallaBrak live by Triggerfish Brewing

Sat Apr 18, 20:30 - Sat Apr 18, 22:30

Triggerfish Brewing

ABOUT

SkallaBrak vier 25 jaar met groot partytjie by Triggerfish Brewing Co. te Paardevlei, Somerset Wes – 18 April 2026.


SkallaBrak is vanjaar 25 jaar oud en beplan ’n reeks spesiale optredes om dié mylpaal te vier. Die afskop vind plaas op 18 April 2026 by Triggerfish Brewery in die hartjie van die Helderberg – waar die Brakke 25 jaar se liedjies uit die heup gaan skiet. Wees gereed vir één lekker partytjie. Oud, maar nog nie koud!


SkallaBrak is ’n oorspronklike Afrikaanse rockgroep wat in 2001 in Londen, VK gestig is. Hendrik Brakwater en Skallamari het legendariese huiskonserte in die Engelse hoofstad aangevuur en van meet af energie geblaas in progressiewe Afrikaans met treffers soos X-Files, Mooi van kleins af, Sandveld Boertjie en Gatvol.


Die dag ná die 9/11-terreuraanval het Hendrik vir Skallamari oorreed om hul tasse te pak en terug te keer na Suid-Afrika met die woorde: “Hier wil ek nie doodgaan nie!” Benewens die nostalgie van ou gunstelinge, kyk SkallaBrak ook vorentoe met nuwe energie en vars toevoegings tot hul lewendige uitrusting. Luister gerus na hul 2024- enkelsnit “Dissipline” en die lewendige opname “Vreemd, maar wonderlik” wat vroeër vanjaar verskyn het. Vind dit op Spotify, YouTube, iTunes en al die lekker

digitale platforms.


SkallaBrak is ’n vyfstuk-orkes:

Hendrik Brakwater (Vokale, Akoesties)

Skallamari (Ritme Kitaar, Bekfluitjie, Trekklavier, Agtergrondvokale)

Diehondjie du Toit (Meester Kitaar, Agtergrondvokale)

Roger J Wilco (Bas, Agtergrondvokale)

Jean Tunes (Tromme)


Met die ongelooflike atmosfeer van Triggerfish Brewery, ’n bekroonde bierreeks en ’n spyskaart wat groot belofte inhou, is alles reg vir ’n aand vir die boeke.

Speel veilig en boek sommer nou jou Drive Buddy of Uber. Die honde gaan huil – met meer blaf as byt!


Hos!

DIRECTIONS

SkallaBrak live by Triggerfish Brewing
Triggerfish Brewing
Unit 9 W.R. Quinan Blvd, Paardevlei, Cape Town, 7130, South Africa
Get Directions