JUAN BOUCHER @ Die Bosvelder Restaurant, Centurion
Wed Mar 25, 20:00 - Wed Mar 25, 21:00
Die Bosvelder Pub & Restaurant
ABOUT
Na ’n reeks UITVERKOOPTE vertonings landswyd keer JUAN BOUCHER terug na een van sy gunsteling verhoë: Bosvelder Restaurant, Centurion! Met sy album “Dis presies wat liefde doen” wat vir 6 weke #1 op die Apple Music Top Afrikaans Album Charts was, en treffers wat regoor die land saamgesing word, bring Juan weer ’n aand van siel, stories en rou eerlikheid.
Van splinternuwe liedjies tot die groot gunstelinge wat hom gevestig het as een van Afrikaans se voorste kunstenaars, hierdie beloof om nóg ’n onvergeetlike kuier te wees. Bosvelder-vertonings verkoop vinnig uit, moenie wag nie.
VENUE: Bosvelder Restaurant, Centurion
DATUM: Woensdag 25 Maart 2026
TYD: 20h00