FREE OPTIONS
Family friendly

PINOCCHIO SE AVONTURE | Kinderteater @ Die Centurion Teater

Sat Mar 28, 10:00 - Tue Mar 31, 11:15

Die Centurion Teater

ABOUT

PINOCCHIO SE AVONTURE


“Wees Braaf, Eerlik en Nederig, en eendag sal jy ook ‘n regte seuntjie wees!”


Pinocchio se Avonture bring die bekende en geliefde storie van ‘n houtpop met ‘n groot drrom na die verhoog — vol energie, humor, en hart.


Wanneer Gepetto ‘n groot wens maak en Pinocchio lewendig word, begin ’n reis wat hom deur sirkusse, versoekings en groot moeilikheid neem. Elke keuse wat hy maak, bring hom nader aan sy droom… of verder daarvan af. Met hulp van vriende én skurke, moet Pinocchio leer wat dit vat om ‘n ware seuntjie te word.


Hierdie splinternuwe Afrikaanse produksie deur Scenario Productions — die span agter Gouelokkies – Sprokieland Speurder, Avonture van Oz en Jan en die Boontjierank – Die Pantomime — is vol vermaak, pragtige beelde, geliefde karakter, en perfek vir die hele gesin.

‘n Kinderteater-avontuur vol magie, lag en lesse.

Perfek vir kinders 3 en op, asook volwassenes van alle ouderdomme. (Kinders onder 3 kyk gratis). Onbespreekte sitplekke. Kinder sit op die mat en grootmense op stoele, net 'n entjie terug, sodat al die maatjies mooi kan sien.


Teks en Regie: Tiaan Kirsten-Lubbe & Lian Sachse

Stel- en Kostuumontwerp: Ashleigh Hilton

Vervaardig: Scenario Productions in samewerking met Die Centurion Teater

DIRECTIONS

PINOCCHIO SE AVONTURE | Kinderteater @ Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions