No under 13s

O-Meno-O-Pouse: 'n Nuwe Kabaret met Arina de Witt | Die Centurion Teater

Wed Mar 18, 19:30 - Wed Mar 18, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

O-Meno-O-Pouse: 'n Nuwe Kabaret met Arina de Witt

Spesiale Vooskrou


“O meno o pouse” is 30 jaar gelede geskryf deur PG du Plessis spesiaal vir Arina de Witt. Omdat Arina op daardie stadium gevoel het sy is nog te jonk is dit nie toe opgevoer nie, en voel sy nou reg om hierdie juweel met gehore te deel.


“O meno o pouse” is ’n intieme, humoristiese en roerende kabaret oor Bets — afgetree, alleen en vasgevang in die stiltes van wat kon gewees het. Bets het gewag. Gewag vir die liefde, vir die regte tyd, vir die vraag...en haar drome in ’n kas gesit saam met n trourok en ongestuurde briewe. Sy het gewag. Vir liefde. Vir toestemming. Vir môre.


Vandag gee sy alles weg...maar gaan haal haar drome, sonder spyt. Hierdie nuwe kabaret is ’n reis deur n leeftyd van hoop – ’n storie oor hoe jy ná die “meno-pouse” dalk eers begin leef...al is dit net n oomblik lank.


Teks en lirieke: P.G du Plessis

Musiek: Dewald Riegger

Met: Arina de Witt

Regie: Ignatius van Heerden en Johan van der Merwe

Tydsduur: 80 minute

Ouderdomsbeperking: Geen 0.13

Produksiehuis: Leftfoot Theatre Productions

DIRECTIONS

O-Meno-O-Pouse: 'n Nuwe Kabaret met Arina de Witt | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions