Family friendly

Andre die Kulkunstenaar en Paaseier jagtog

Sat Apr 4, 09:30 - Sat Apr 4, 12:00

Perron25

ABOUT

Op 4 April 2026 kom daar groot opwinding na Perron 25 – en dis nie sommer net enige dag nie!


Die legendariese André die Kulkunstenaar (ook bekend as André the Magician) tree op en gaan ons almal se monde laat val met sy verbysterende truuks! Hierdie meester-kulkunstenaar kul jou hier, daar en siedaar – een oomblik is die kaart in jou hand, die volgende oomblik laat hy jou eie boeke toor en jou oë traan van die lag. Hy’s al jare lank ’n gunsteling by groot en klein, want sy vertonings is vol energie, humor en daai spesiale “hoe-doen-hy-dit?!”-magie wat kinders se gesiggies laat straal en grootmense laat kopkrap.


En asof dit nie genoeg is nie… ons gooi sommer ’n super lekker Paaseier Jagtog by! Stel jou voor: kleingoed (en ouers wat saamspeel) hardloop rond met mandjies, soek oral vir blink paaseiers vol verrassings, terwyl die lag en opgewondenheid die lug vul.


Dit gaan ’n fees wees vol kleure, soetgoed, verrassings en natuurlik André se ongelooflike kulkuns wat die dag nog meer onvergeetlik maak!


Kom een en almal – bring die familie, die vriende, die bure – dit gaan ’n dag wees vol towerkuns, paaseier-avontuur en pure joligheid! Moenie dit misloop nie… 4 April 2026 by Perron 25 lekker wees.


Sien julle daar – gereed om gekul én gelukkig te word?



https://bit.ly/eventsatPerron25

DIRECTIONS

Andre die Kulkunstenaar en Paaseier jagtog
Perron25
88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa
Get Directions