Familiefees - NG Gemeente Hazyview
Sat May 2, 09:00 - Sat May 2, 22:00
Nederduitse Gereformeerde Kerk - Hazyview
ABOUT
APPEL
STALLETJIES | KOS | MUSIEK | 4X4–PRET & PLESIER | TEETUIN
KINDERVERMAAK | POTJIEKOSKOMPETISIE | PIET POMPIES | VEILING
Ons nooi almal in die omgewing uit om saam met ons te kom feesvier!
Bring jou familie en vriende na Appel se vertoning. Piet Pompies sal as ons boeiende seremoniemeester optree.
Hierdie jaar bied ons ‘n 4x4-pretdag aan vir diegene wat op soek is na opwinding.
Vir die bobaas kokke is daar 'n potjiekoskomptisie. Kom bie op iets na jou smaak by ons veiling. Kom kyk wat het die stalletjies en uitstallers te bied.
Die teetuin is gereed om jou te bederf, met heerlike tuisgebak en die kosstalletjies sal jou honger maag stilmaak.
Ons het ook aan die kinders gedink; hulle kan kom spring en speur na skatte.
Kom geniet dit saam met ons!
Inskrywings
4x4 Pret&Plesier: Carel van Heerden (083 357 1877) of Pieter Vos (082 388 4087)
Potjiekoskompetisie: Mieg Botha (0827719337)