No under 13s

TEATER BY DIE SEE 2026 - BOEK EN KOEK SAAM MET CHANETTE PAUL

Sat Mar 21, 16:00 - Sat Mar 21, 18:00

Verde Vida Coffee & Hairdresser

ABOUT

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs. Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ... Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.


Kom geniet 'n lekker stukkie koek saam met koffie en word weggevoer saam met bekende skrywer Chanette Paul

DIRECTIONS

TEATER BY DIE SEE 2026 - BOEK EN KOEK SAAM MET CHANETTE PAUL
Verde Vida Coffee & Hairdresser
2 B Noorsekloof Rd, Ferreira Town, Jeffreys Bay, 6330, South Africa
Get Directions